Kleutergenot
Graad R

Die belangrikste jaar

In Graad R is jou kind die oudste in die skool en neem leiding. Vaardighede word verfyn vir 'n suksesvolle skoolloopbaan – en emosionele gereedheid vir Graad 1 is van kardinale belang.

Belangrik vir nuwe ouers

Ons neem geen nuwe Graad R-kleuters in nie. Slegs bestaande Kleutergenot-kleuters voltooi hul Graad R-jaar by ons. Die vaardighede word reeds van babajare af opgebou, en 'n bekende omgewing met bekende mense help jou kind om met trots na Graad 1 te skuif.

Wil jy hê jou kind moet Graad R hier doen? Skryf hulle vroeër in.

Boek 'n besoek

Spesiaal vir Graad R

  • ★Rekenaarvaardigheid
  • ★Blokfluit
  • ★Afrikaans: taalverryking
  • ★Engels: gesprekke
  • ★Skoolgereedheidstoets

Alles ingesluit by die maandelikse fooi.