Kleutergenot
Voeding

Gesonde kos vir gesonde lyfies

Gesonde eetgewoontes dra by tot 'n gesonde lyfie. Gebalanseerde maaltye, uitgewerk deur 'n dieetkundige, word daagliks vars voorberei.

Proe-praatjies

Elke week word 'n minder bekende kossoort, byvoorbeeld droë vrugte, broccoli, muesli of papaja, tydens die "Proe-praatjies" bekendgestel. Elke kind kan daarvan proe. Dit verbreed hul verwysingsraamwerk en hulle leer om nuwe dinge in 'n veilige omgewing te probeer.

Weeklikse spyskaart

  • 07:30 · Ontbyt

    Mieliepap

  • 09:30 · Oggendhappie

    Rooibostee en toebroodjies (melk vir babas)

  • 11:30 · Middagete

    Maalvleisgereg, groente en vrugte

  • 13:00 · Babas

    Melk vir babas

  • 15:00 · Middaghappie

    Vars vrugte

  • 16:00 · Laatmiddag

    Toebroodjies